‘n Peperduur hospitaal in Trompsburg in die Vrystaat, wat vier jaar nadat dit voltooi is eers oopgemaak het, word steeds nie ten volle gebruik nie en nog ’n hospitaal in dieselfde provinsie word net as kliniek gebruik.
Die Albert Nzula-hospitaal langs die N1-snelweg is in 2014 teen amper R400 miljoen voltooi, maar het eers verlede jaar sy deure vir pasiënte oopgemaak. Nou blyk dit sleutelposte is steeds nie gevul nie en operasieteaters, wat ten duurste toegerus is, staan in onbruik.
Die hospitaal sou oorspronklik R286 miljoen gekos het.
Die perseel huisves die hospitaal met 74 beddens, ’n kraamafdeling, ’n ongevalleafdeling met ’n helikopterlandingsblad, agt teaters, ’n rehabilitasiesentrum, ortopediese terapie en ’n lykshuis.
Maar volgens Mariette Pittaway, DA-lid van die provinsiale wetgewer in die Vrystaat, funksioneer die hospitaal grotendeels as ’n kliniek.
“Pasiënte word hier slegs gediagnoseer en dan na die Pelonomi-
Continue reading…