Sibongiseni Dhlomo, KwaZulu-Natalse LUR vir gesondheid, het die naweek tydens ʼn verrassingsbesoek aan die Church of Scotland-hospitaal pasiënte wat op bankies en die vloer slaap by die hospitaal aangetref.
Dhlomo het Sondag gevolglik vir die hospitaal se bestuur opdrag gee om ʼn gepaste plek te soek vir pasiënte om te slaap wanneer hulle oornag moet wag vir vervoer om hulle na ander hospitale in Pietermaritzburg te neem.
ʼn Kankerpasiënt en meer as ʼn dosyn ma’s en kinders was onder dié wat gewag het.
“Ek is verras en kwaad dat die kwessie wat lank terug uitgestryk is nie uitgevoer is in die hospitaal nie. Dié pasiënte het hul huise verlaat en hierheen gekom.”
Hy het ook gesê dat hy nie beïndruk is met die higiëne in die hospitaal nie. “Ek het vandag vir mevrou Mamizi Mkhize gesien, sy het gevorderde kanker. Sy moet verdere behandeling by Greys-hospitaal ontvang. Ek het haar aangetref waar sy kniel op die bankie, want sy sê sy kan nie met
Continue reading…